Stellenbosse Heemkring

 

16 Maart 1994: Praatjie deur mnr Coenie Loubser oor Stellenbosse begraafplase.

 

(Transkripsie deur O G Malan, klaarblyklike datumfoute reggestel.)

 

Stellenbosch se distrik was aanvanklik baie groot met 'n aantal kerke, elkeen met eie 'n begraafplaas.  Hierdie praatjie word egter beperk tot begraafplase in Stellenbosch en sy omgewing. 

Slawe en plaaswerkers is op die plase begrawe, wat deesdae probleme oplewer en herbegrafnisse nodig maak.  Die Kompanie het eers in 1755 verlof gegee dat boere hul kinders (moontlik later ook volwassenes) op hul plase kon begrawe.

In Stellenbosch self was die begraafplase om die kerke, vanaf die eerste een van 1687 met 50 lidmate, destyds blykbaar op 'n eiland met twee voetbrugge. Die kerk het afgebrand in 1710 saam met 'n groot deel van die dorp.  Grafte was in en rondom die kerk wat toe nie weer daar heropgerig is nie.  Gevolglik het die grafte verwaarloos geraak. 

Nuwe (Moeder)kerk op die huidige terrein is in 1723 ingewy, met groot skuld, wat ds Beck onsuksesvol probeer delg met 'n lotery.  Blykbaar moes hulle in 1726, toe hy Stellenbosch verlaat het, agter hom aanry om van die lotery-sertifikate terug te kry.  Binne die ringmuur, gebou in 1735, is mense begrawe en later 'n groot aantal grafkelders gebou.  Die kerk is gedurig aangebou om dit te vergroot.  In die kerk voor die kansel is drie predikante begrawe, Kuys, Arentz en Appeldoorn (so aangedui met 'n bronsplaatjie in die Moederkerk). In 1807 is die grondvloer vervang met Bosman-teŽls en kerk is weer vergroot in 1814.  In 1844 het die kerk 'n houtvloer gekry en was begrawe in die kerk op 'n ent.  Die predikante is nie herbegrawe nie, van die ander mense weet ek nie 

In 1824 is besef dat die kerkhof te vol word en het probleme met water in grafkelders opgeduik.  Toe is die sg. Hammansvlakte, waar Stellenbosch-Noord se kerk nou is, van die Landdros en Heemrade verkry.  Hierdie begraafplaas was nie 'n groot sukses nie, ek kon nie uitvind waarom nie.  Mense is nog toegelaat om by die (Moeder)kerk te begrawe tot 1840 toe die kerkraad besluit het die nuwe kerkhof moet gebruik word en die vervalle grafte en kelders is platgestoot.  Twee van die predikante se kelders het teen die noordermuur oorgebly; Borchers en nog een (ek het nou vergeet) (Herold, OGM).  Toe die hoewel onpopulÍre sg. Vlakte-begraafplaas begin vol word, is met die munisipaliteit onderhandel vir grond teen Papegaaiberg, waar alle kerke grond gekry het en wat ordentlik uitgelÍ is.  Hierdie nuwe begraafplaas was ook onpopulÍr en die twee begraafplase is tot 1925 saam gebruik -- ek onthou nog 'n herbegrafnis in daardie jaar.  Ons het ook op Papegaaiberg boompies geplant. 

Die eerste graf by Papegaaiberg is van John Murray in 1882 en mootlik 'n familielid van hom in 1883.  Dit is by die regterkantse ingang van die begraafplaas, net links. Al die predikante van die tyd is daar begrawe, die Murrays, prof Marais, die Neethlings, die hele spul (sic) daarso. 

Destydse begrafnisse was 'n hele gedoente wat 'n hele dag kon duur en Papegaaiberg dus ongewild omdat dit te ver was daarvoor. Daar is 'n beskrywing van ds Herold se begrafnis.  Daar bestaan 'n onduidelike bandopname van 1971 van 'n Heemkring-vergadering oor hierdie selfde onderwerp deur mev, Tant Siena, de Kock (ander oorlede en lewende lede se stemme is ook op die band) wat Latyn gegee het .  Sy was mos 'n vrťťslike Stellenbosser! 

Soos ek dit verstaan, het almal in 'n stoet van genooides die hele ent vanaf die Moederkerk na die begraafplaas beweeg.  Mev Hennikke vertel Van Kerkhof het vir verhoging van salaris aansoek gedoen want sy manel was so oud en verslete.  Hy het vertel dat hy langs die lykswa loop omdat hy bang is dat oom Andries de Villiers, die karweier van die tyd, se Clydesdale-perde in die stoet sy groen verslete manel sou aansien vir groenvoer. 

In die vroeŽ 1900's was 'n ander karakter die begraafplaasopsigter, (einlik net om onkruid verwyder) "AasvoŽl", wat ook as "town crier" met plakkate voor en agter geloop het en 'n klok gelui het. 

In 1945 het dit duidelik geword dat Papagaaiberg se kerkhof ook te klein word en my vader, wat soos ek lank op die Kerkhofkomitee gedien het, het 'n stuk na die oostekant uitgemeet vir uitbreiding.  Toe kon 'n mens 'n hele blok grafte vir jou familie bespreek, wat later egter probleme opgelewer het met mense wat verhuis of persele verwaarloos het.  Nog uitbreidings het later gekom.  Tot hierdie tyd het die Kerkraad beheer oor die kerkhof gehad alhoewel Rynse sendelinge en mense van ander kerke soos Engelse, ook grafte daarin gekry het. 

Ten spyte van argumente daarteen, is daar met die munisipaliteit onderhandel om die kerkhowe oor te neem, ook die van ander kerke, Roomse, Metodiste, Wesleyaanse, en sendingkerke, wat nog groter probleme met onderhoud van kerkhowe gehad het.  Dit het eers in 1964 plaasgevind en die munisipaliteit doen dit doeltreffend.  Die amptenare as opsigters was mnre Brynard, Steyn  en so aan tot vandag, mnr Valentyn. 

Die gelde het merkwaardig toegeneem. In 1750 kon 'n ryk man soos Martin Melck 'n graf koop vir 100 Riksdaaldes (R3) of huur teen 12 Rds (2 Rds as jy arm was).  Papegaaiberg se fooi was 'n pond (R2) of 'n ghinie (R2-10).  Toe die munisipaliteit oorneem, het dit gestyg na R25 vir die perseel en R10 om die graf te grawe (jy kon dit toe nie meer self grawe nie).  Vandag kos dit R288 vir die perseel en R175 vir die graf.  Dit klink baie, maar vergelyk nie sleg as 'n mens devaluasie van geld in ag neem nie. 

Die munisiplaliteit het reeds 5 jaar gelede begin soek vir plek om die huidige begraafplaas aan te vul.  Papegaaiberg se grond is eintlik ongeskik vir grafte want weens die klei ondergrond ontbind die lyke en siektes nie behoorlik nie.  Meer geskikte grond is naby Blouklip geÔdentifiseer en gereed gemaak.  Teen die end van hierdie jaar sal dit in gebruik moet kom.  Omdat dit nou onder munisipale beheer is, sal enigeen daar 'n graf langs jou kan koop en die vooruit huur van persele sal nie meer toegelaat word nie. 

Tensy meer mense hul laat veras, sal hierdie begraafplaas ook gou vol wees.  Dit kan dalk sover kom dat begraafplase in die toekoms gesloop sal word om die grond beter te benut. 

Die Papegaaiberg-begraafplaas is vir my die mooiste in die land en sal darem seker nie gesloop word nie.  Tant Katie Neethling het eendag daar so staan en kyk en (in Ingels soos die Murrays maar gemaak het) gesÍ: "Coenie it's beautiful.  It will be a privilege to stand up here, eventually". 

Ek het in die sg. Loubser-huis bo in Dorpstraat grootgeword  Ons speelplek was die ongeteerde strate en die ou leŽ tronk.  Ons het arme Van Kerkhof 'n lewe gelei en tussen die grafte en kelders om die Moederkerk gespeel.  Ons grillerigste spel was om spoke uit te tart; om by maanskyn in die stukkende grafkelders, waar die bene lÍ, in te loer.  Ons Voortrekkers van die 30-tigerjare het meermale op Papegaaiberg naby die armmansgrafte in 'n ou gruisgat kampvuur gehou.  Saans laat op pad huistoe het die brawes (grootmonde) kortpad gekies tussen die grafte deur terwyl die banges die ander pad gevolg het. 

Mev Cillie(rs) het vertel oor 'n begrafnis van 1912 toe die lykswa by die ou steil ingang, met die koster langs die drywer, omgeslaan het.  Die  kleurlingkoetsier, Liebetrau, se verskoning was dat die dooie 'n baie hoge man was wat haastig was om daar te kom en die perde het dit geweet. 

Mense in die gehoor kan dalk nog meer inligting en stories bydra.

(Einde van praatjie.) 

 

Op die voorsitter se uitnodiging is 'n klomp grappe en staaltjies (sommige moeilik hoorbaar) vertel, o.a. hyself van "Swak Piketberg!"

Man:  Oubaas van Romburg het in die oorlogsjare van die tralies van grafte in die Hammansvlakte-kerkhof vir afval-yster verkoop.  Dit het op 'n hofsaak uitgeloop.* 

Dame:  My pa in 1871 gebore, en sy maats, Gielie de Vos, mnr Morkel en Boy de Waal, is deur my oupa in ongeveer 1880 aangesit om die dennepitjies te plant van die kroondenne wat nou aan die omval is. 

Ds Bertie Heyns?:  Op grafstene word gewone mense se geskiedenis opgeskryf.  Wat het geword van die grafstene van Hammansvlakte?  Dit sal die Stellenbossers wees vanaf die middel van die 19de eeu.  Is daar van hulle boek gehou?  Dit sou baie belangrik wees vir die geskiedenis van Stellenbosch. 

C Loubser  Die meeste van hulle is herbegrawe by Papegaaiberg, maar daar het ook verlore geraak.  Met die opruim van die terrein het baie onbekende grafte te voorskyn gekom.  Daar is moontlik per geleentheid van die name opgeskryf.

 

*(Later bygevoeg)

Dit was Willem Lubbe

Smuts van Romburgh, blanke man 38 jaar oud,  is in Junie 1940 aan diefstal skuldig bevind en gevonnis tot 6 pond boete of 6 weke, waarvan 5 pond of 5 weke opgeskort. (Kaapse Argief: 1/STB 4/1/1/47 no 1320)