Grafte in die Moederkerk

Opgawe van Persone wat in die Kerk begrawe is, sover bekend 1730-1810.

 

Die Doderegister van Stellenbosch begin eers in Januarie 1765. Van sterfgevalle vr daardie datum het ons slegs gefragmenteer inligting soos uit die Kasboek van Stellenbosch. 'n Ander belangrike bron is die lys wat prof A. M. Hugo, medeskrywer van die boek "Die Kerk van Stellenbosch"*, in 1960 in die konsistorie van die Moederkerk gevind het. Dit is 'n onsistematiese lys van 98 name in verskillende handskrifte, elkeen voorafgegaan deur n nommer, sonder enige sisteem agtermekaar neergeskrywe. Die lys is klaarblykbaar baie onvolledig maar baie waardevol, veral waar geen ander inligting beskikbaar is nie. Die laaste nege name is in die handskrif van ds. Appeldoorn wat oorlede is in September 1772; dus weet ons presies hoe oud die lys is. Met die uitsondering van die predikantsgrafte weet ons ongelukkig nie waar in die kerkgebou hierdie persone begrawe l nie.

Prof Hugo se medeskrywer, mnr Johannes van der Bijl het uit gepubliseerde en ongepubliseerde bronne kort aantekeninge opgestel om die genoemde persone nader te identifiseer. Die afkortings DR en KB hieronder verwys onderskeidelik na die Doderegister (vanaf 1765) en die Kasboek (vanaf 1725) van Stellenbosch.

 *"Die Kerk van Stellenbosch", A M Hugo & J van der Bijl, Tafelberg, Kaapstad, 1963

 

 

1. Sophia van der Merwe en Catrina Pasman. Gekoop teen 100. deur weduwee Robberts, 28 November 1734.

Sophia van der Merwe (1670) is in 1684 getroud met Roelof Pasman van Rustenburg, Idas Vallei, en in 1696 hertroud met Pieter Robberts, ook van Rustenburg, en landdros van Stellenbosch 1703 - 05. Sy het die graf gekoop, en is dus na 1734 oorlede. Haar dogter Catharina Pasman (1691), getroud 1713 met die wewenaar Philip Morkel van Onverwacht (nou De Bos), Hott.-Holland, is oorlede op 23 Maart 1764, en ook in hierdie graf by haar moeder weggel. Drie van Sophia v. d. M. se kleinkinders is begrawe in graf no. 4; haar man Philip (oorl. 1735) en haar seun Willem Morkel in graf no. 96.

 

2. Jacob Cloete. Gekoop teen 100. deur ouderling Jacob Cloete, 1734.

Jacob Cloete (1699), kleinseun v. d. stamvader, is in 1722 getroud met Sibilla Pasman (1693), wed. J. A. Loubser en dogter van Roelof Pasman, vgl. no. 1. Loubser was eienaar van Nooitgedacht, Koelenhof, en na sy huwelik met die weduwee het Cloete die plaas oorgeneem. Vgl. nos. 5 en 87.

 

3. Juffrouw Meijburgh de oude. Gekoop deur Albert Mijburgh van Klein Idas Vallei, 1746.

Hierdie Juffr. M. was waarskynlik Albert se stiefmoeder, Sophia Zank, wed. Hendrik Leemhold, hertroud 1699 met Albert se vader, Jan Mijburgh, stamvader v. d. familie. Sy is oorlede in 1759 (KB).

 

4. Twee kinders van Willem Morkel, een kind van Jan Mijburgh. Gekoop deur Catharina Pasman, wed. Morkel, 1746.

Willem Morkel, seun v. d. stamvader Philip M., was boer op Onverwacht, vgl. no. 96; hy is getroud (i) 1749 met Sara van Brakel, dogter van Hermanus van B., swaer van Adam Tas, en (ii) 1759 met Helena Catharina Malan (1736), dogter van Daniel Malan, vgl. no. 86. Die twee kinders, oorlede 1769 en 1771 (DR), was dus kleinkinders v. d. wed. Morkel wat die graf gekoop het. Die ander kind was klein Philip Mijburgh, oorl. Mei 1746, een jaar oud. Die vader was Johannes Albertus Mijburgh (1719), van Eenzaamheid, Klapmuts, en Meerlust, Eersterivier, seun van Albert (no. 3); hy is getroud 1743 met Sophia Marg. Morkel (1715), n dogter van Catharina Pasman. Ook hierdie kind was dus haar kleinkind.

 

5. Hendrik Cloete de oude. Gekoop deur Hendrik Cloete, 1750.

Hendrik C. (1725) was n seun van Jacob C. van Nooitgedacht (no. 2), en het self ook daar geboer. Hy het die groot huis gebou wat nog daar staan, tans bewoon deur mev. Werth. Sy seun, Hendrik C. de jonge, het die ou woonhuis op Groot Constantia herbou tot sy huidige vorm. Hendrik de oude is oorlede 12 November 1799, oud 74 jaar (DR), en volgens die DR is hy ,,den 13den na Constansia gebragt, d.w.s. daar begrawe. Dan beteken dit dat hy nie self in die kerk van Stellenbosch begrawe is nie.

 

8. Jacob Malang en Elisabeth de Long (sic), en twee kinders van Daniel Malaan. Gekoop teen 150 deur Daniel Malan, 1736.

Jacques Malan, stamvader van die familie, is rondom 1690 in hierdie land getroud met Elizabeth le Long, wed. Jean Jourdan. Hy het geboer op Morgenster, Hott.-Holland, en is oorlede 1742 (KB). Daniel (no. 86) was sy seun. Jacques Malan het baie jare lank op die kerkraad van Stellenbosch gedien.

 

9. Johan Philip Giebelaar, en vier kinders van Melk. Gekoop teen 100 deur J. P. Giebelaar, 1747.

Johan Philipp Giebeler van Nassau-Dillenburg, boer van Elsenburg, is getroud 1742 met Anna Margaretha Hop, dogter van Jan Hop van La Roque, Franschhoek. Sy weduwee is in 1752 hertroud met Martin Melck. Giebeler is oorlede in 1746 (KB), en Anna M. Hop is oorlede 22 Mei 1776 en in die kerk van Stellenbosch begrawe, waarskynlik in hierdie graf. Martin Melck is begrawe te Kaapstad (waarskynlik in die Lutherse kerk), 29 Februarie 1781 (DR).

 

16. Johannis Mulder en Simon Petrus Bek.

Johannes Mulder, eerste landdros van Stellenbosch 1685 - 91 en 1711 - 13, het geboer op die plaas Hoopenburg (nou Muldersvlei); hy is oorlede in of voor 1732 (KB). Bek is onbekend. Ds. Henricus Beck het ook geen bloedverwant van di naam in die land gehad nie.

 

26. Gerrit Romont en Michiel Romont.

Gerrit, seun van die stamvader, was boer op die plaas Helderenberg (so was die naam), Hott.-Holland; oorl. c. 1741 (KB). Sy seun Michiel het ook daar geboer; hy is oorlede 6 Augustus, begrawe 8 Augustus 1766 (DR).

 

30. Twee kinders van Mynheer van Schoor. Gekoop deur Adriaan van Schoor, 1756.

Adriaan van Schoor (seun van die stamvader), landdros van Stellenbosch 1748 - 1763, is getroud 1744 met Susanna Cruywagen. Hy was eienaar v. d. plaas Welgevallen 1752 - 1763.

 

31. De Heer Eduwaart Arents, en een kind van Mynheer Arents.

Eduard Arentz, gebore te Embden, Oos-Friesland, c. 1714, as student in die teologie te Groningen ingeskryf 1731, proponent 1738, deur die Klassis Amsterdam vir n gemeente aan die Kaap beroep 1747, het met sy vrou Sara Christina van Steenwyk en hul vier kinders na die Kaap gekom, en het op Sondag 26 November 1747 sy intreepreek as predikant van Stellenbosch gehou. Te midde van sy werksaamhede is hy op 8 Julie 1749 hier oorlede, en in die kerk begrawe langs sy ontslape voorganger Van Gent.

 

32. De Heer Willem van Gent.

Wilhelm van Gendt, geboortig van Maastricht (Limburg), in 1714 in die bediening getree, sedert 1723 predikant te Harderwijk aan die Zuiderzee, het in 1738 met sy drie kinders as wewenaar na die Kaap gekom, waar hy in Desember sy pligte aanvaar het as predikant van Stellenbosch, opvolger van Van Echten. Enkele maande na sy aankoms (8 Maart 1739) is hy hier hertroud met Catharina Groenewald, n jong meisie van Stellenbosch. In die nag van 9 op 10 Oktober 1744 is hy oorlede; sy weduwee het met twee kinders agtergebly, en is twee jaar later hertroud met die chirurgyn Johannes Cats, vgl. nos. 87 en 94.

 

33. Drie kinders van de Heer Appeldoorn. DEerw. Heer Johannes Appeldoorn (DR). Den Eerwaarde Heer Philippus Kuys (DR).

Johannes A. is gebore te Harderwijk, Mei 1725, dus in die tyd toe Van Gendt nog daar predikant was. Nadat hy in 1748 sy studie aan die Geldersche Hoogeschool te Harderwijk voltooi het, het hy in 1753 in diens van die Kompanjie na die Kaap gekom, waar hy op 16 Desember daardie jaar sy intrede gedoen het as pred. van Stellenbosch. In hierdie land is hy getroud met Cornelia Heijning, November 1753; hulle het sewe kinders gehad; die drie jongstes, oorlede 1765, 1768 en 1770 (DR), is in hierdie graf begrawe. Ds. Appeldoorn self is midde in sy werk oorlede op 20 September 1772, in sy 48ste jaar, en op 22 September is hy in hierdie graf weggel, by sy kinders en langs sy ontslape kollegas en voorgangers Van Gendt en Arentz.

Philippus Kuys, gebore te Vreeswyk, naby Utrecht, in die jaar 1754, is in 1776 saam met sy jongere broer Johannes tot die bediening toegelaat, en het daarop saam met hom ook na die Kaap gekom. Johannes is benoem tot predikant van Waveren, Philippus tot predikant van Stellenbosch, waar hy op Sondag 18 Mei 1777 sy intreepreek gehou het. Op 18 Maart 1778 is hy getroud met Geertruida Appeldoorn, die oudste dogter van sy voorganger. Hulle het twee kinders gehad, waarvan die een, Arnoldus G. M. Kuys, te Leiden in die teologie gestudeer het en later predikant was in die gemeentes Napier en George. Ds. Philippus Kuys was nie n sterk man nie, en nog voor sy veertigste verjaardag is hy op 29 Januarie 1785 ,,aan de gevolgen van eene uitteerende ziekte oorlede. Drie dae later is hy begrawe ,,in kerk in de graf van de Heer Appeldoren nommer 33 (DR).

(Die meeste v. d. besonderhede aangaande hierdie vier predikante is ontleen aan Engelbrecht, Die Kaapse Predikante v. d. 17de en 18de Eeu, H.A.U.M. 1952.)

 

34. Twee kinders van de Heer Lesueur.

Jacobus Johannes le Sueur (1734 - 1807) was landdros van Stellen-bosch 1763 - 69, later advokaat te Kaapstad; getroud 1763 met Hillegonda de Wet. Die twee kinders wat hier begrawe is, was waarskynlik Franciscus (1764) en Johannes Carolus (1765), begrawe in die jare 1766 en 67 (DR). n Jongere kind, ook Johannes Carolus (1771), het in 1795 sy doktorsgraad in die regte aan die Utrechtse Akademie verwerf, en het in later jare magistraat van Worcester geword. (Vgl. Suid-Afrikaners in Utrecht, 1762 - 1954, Kemink & Zoon, Utrecht.)

 

39. Jacobus Faure, Arnoldus Schephaut, Juffrouw Romont, en n kind van Adriaan van Brakel.

Jacobus Faure (1727 - 1744), seun v. d. stamvader Antonie Faure, was koster van die kerk, en is in sy sewentiende jaar oorlede.

Arnoldus Schephausen, gebore 1697 in die Ruhrgebied, het in 1730 as soldaat na die Kaap gekom; getroud 1736 met Emmerentia Steyn (vgl. no. 86), sedert 1741 woonagtig op Stellenbosch as sekretaris van Landdros en Heemrade; oorlede 1748. (Hoge, Pers.)

Wie die Juffr. Romont was, is onseker, omdat die jaartal van haar dood vir ons onbekend is; sy kon die vrou van Gerrit Romont gewees het, of ook wel van sy seun Michiel, vgl. no. 26.

Adriaan van Brakel (1714 - 1779), seun v. d. stamvader, het geboer op Brakelsdal en Bonte Rivier, albei in Moddergat; getroud 1743 met Johanna Maria Delits; oorlede 2 Desember, begrawe 4 Desember 1779 (DR). Een van sy kinders l in no. 65, twee in no. 91. Ook sy vrou, Joh. Delits, is in die kerk begrawe, op 4 September 1773 (DR), waarskynlik in graf 65.

Hierdie graf (no. 39) is n goeie voorbeeld van die gevalle waar die mees verskillende persone in een graf begrawe is. Dit is vir ons nie meer moontlik om uit te maak hoe dit gebeur het nie.

 

41. Antonij Faure en een kint.

Anthonie Alexander Faure (1685 - 1736), stamvader v. d. familie, is in 1714 getroud met Rachel de Villiers, dogter v. d. stamvader Abraham de Villiers. Hy was voorleser en skoolmeester van Stellenbosch 1719 - 1736. Twee van sy kinders l in no. 42, een saam met hom in hierdie graf, en sy 17-jarige seun Jacobus in no. 39. Sy vrou Rachel, wat na sy dood gaan woon het op die erf van die Ou Uitspan (Evergreen), is oorlede 2 September, en in die kerk begrawe 4 September 1773 (DR).

 

42. Twee kinders van Antonij Faure. Sien no. 41.

 

46. Maria van Brakel, weduwee Valk.

Maria van Brakel, geb. 1677, skoonsuster van Adam Tas, tante van Adriaan van B. (no. 39), was eers getroud met Jacobus Louw, vader van Jan Louw (no. 51), daarna met Jan Valk van Elsenburg. Na Valk se dood het Giebeler in 1742 die plaas van die weduwee gekoop.

 

48. Hester Pas en een kint van Jan Jurgen Haman.

Hester Pas, geb. 1726, was n dogter van Willem Pas (no. 49). Johann Jrgen Hammann (so het hy sy naam geteken) van Kursachsen, stamvader v. d. familie, het as smid in 1732 na die Kaap gekom, en is in 1738 getroud met Johanna Margaretha Gildenhuysen, niggie van Margaretha (nos. 59 en 95). Hulle het tien kinders gehad. (Hoge, Pers.) Hammann word in 1753 genoem as smid op Stellenbosch (KB).

 

49. Willem Pas en Dirk Mol.

Willem Pas van Zandvliet, Eersterivier, en Bij den Weg (nou Bonfoi) Stellenboschkloof, is in 1725 getroud met Emma van der Bijl, wed. Willem van Taak, suster van Gerrit v. d. Bijl (no. 55). Hy is oorlede in of voor 1735.

Dirk Jacobus Mol, heemraad van Stellenbosch, het voor Willem Pas op Bij den Weg geboer. In die stukke van rondom 1705 word hy beskryf as n gebreklike grysaard met net een oog; oorlede 1733 (KB).

 

50. Nicolaas van den Heuvel, een kint van Olof de Wet, een kint van Barent Nieukerk.

Nicolaas van den Heuvel, landdros van Stellenbosch 1713 - 1717 en baie jare lank lid van die kerkraad, het op die plaas Bethlehem (Banghoek) geboer tot aan sy dood, 26 April 1732. Hy is in 1713 getroud met Maria Zegers: hul dogter Aletta Hendrina (1725) het die vrou geword van Bernardus van Nieukerk (of Nijkerk), boer v. d. plaas Delta, Gr. Drakenstein. Dit verklaar waarom sy kind hier begrawe is.

Olof de Wet, geb. 1699, seun v. d. stamvader, is in 1735 getroud met die wed. Van den Heuvel, en het daarna op Bethlehem geboer tot 1758, wat waarskynlik die jaar van sy dood was. Vgl. nos. 71 en 72.

 

51. Pieter de Vos, en n kind van Jan Louw Jacobz. Gekoop vir f100 deur Elizabeth Morkel, wed. Wouter de Vos, 1731.

Pieter de Vos, geb. 1723, was n seun v. d. stamvader Wouter de Vos, wat getroud was (i) 1712 met Maria van der Bijl, suster van Gerrit (no. 55), en (ii) in 1728 met Elizabeth Morkel, dogter van Philip (no. 1). Wouter de Vos het in 1722 die plaas Libertas uit die boedel van Adam Tas gekoop.

Johannes Louw Jacobsz. (geb. c. 1715) is in 1732 getroud met die bogenoemde weduwee Wouter de Vos. Hy het op sy vrou se plaas Libertas geboer.

 

53. Andries Schut, Jan Christoffel Grundlingh, Alewyn Scheepers.

Andries Schutte, boer van Welmoed, Eersterivier, is in 1725 getroud met Hester van der Heyden, wed. Izaak Scheepers, vgl. no. 59. Hy is oorlede 2 April, begrawe in die kerk op 4 April 1765 (DR).

Alewyn Scheepers, geb. 1715, was n seun van bogenoemde Izaak S. wat in 1713 getroud is met Hester v. d. Heyden. Izaak het geboer op Laatste Gift, Hott.-Holland. Hierdie graf is deur die kerkraad aan hom present gegee vir sy ,,goeie dienste i.v.m. die ongelukkige lotery ten tyde van die oprigting van die kerk (vgl. Hoofstuk II), en in 1724 kon hy al daarvan gebruik maak. Dit is vreemd dat die ou lys sy naam weggelaat het.

Johann Christian Grndling, stamvader, afkomstig van Grlitz, het in 1745 aan die Kaap gekom, en is in 1749 getroud met Jacoba van der Heyden, n broerskind van die bogenoemde Hester. Hulle het agt kinders gehad. (Hoge, Pers.) Hy is oorlede te Stellenbosch 27 Mei, begrawe in die kerk 30 Mei 1765 (DR).

 

55. Hester te Winkel, wed. Van der Bijl; Catharina van der Bijl, Gerrit van der Bijl, en drie kinders van laasgenoemde. Gekoop vir f100 deur Hester Terwinkel, 1725.

Hester T. is in 1702 getroud met die wewenaar Pieter van der Bijl, seun v. d. stamvader Gerrit v. d. Bijl. Pieter en sy vader het op Vredenburg (langs Libertas) geboer. Pieter is oorlede 1722, sy vrou Hester in of voor 1744.

Catharina van der Bijl, geb. 1710, dogter van Pieter, is in 1728 getroud met Pieter Lourens, vgl. no. 56. Sy is oorlede voor 1748.

Gerrit van der Bijl, geb. 1704, seun van Pieter, het ook op Vredenburg geboer. Hy was ook eienaar van Joostenberg, Muldersvlei, waar hy in 1756 die nog bestaande woonhuis gebou het wat onlangs pragtig herstel is deur die huidige eienaar, mnr. P. A. Mijburgh. Hy is oorlede 5 April, begrawe 8 April 1767 (DR). Vier van sy susters is ook in hierdie kerk begrawe: Geertruy (no. 56), Emma (no. 49?), Catharina (no. 55), en Anna; asook twee van sy swaers in no. 56, en n derde in no. 49.

 

56. Burgert Brant, Pieter Lourentz, de wed. Hermanus van Brakel, een kint van Gerrit van der Bijl, een kint van Burgert Brant.

Burchard Heinrich Brand, geb. in Hamburg, was aan die Kaap as soldaat 1712 - 1716, weer terug van Ceylon in 1726, getroud 1730 met Anna van der Bijl, geb. 1703, dogter van Pieter v. d. B. Hulle het gewoon op Joostenberg, Muldersvlei, en is albei voor 1752 oorlede, Anna n haar man. Hulle was die oorgrootouers van Sir Christoffel Brand. (Hierdie Brand se vader, ook Burchard, was in 1686 al burger van Stellenbosch, en het later in die Kaap gaan woon. n Ander seun, Christoffel, gebore aan die Kaap, is in 1722 getroud met Sara van Brakel.)

Pieter Lourens (vgl. no. 55) was landdros van Stellenbosch van 1729 tot aan sy dood in 1748. Sy vrou Catharina v. d. Bijl is voor hom oorlede.

Geertruy van der Bijl, geb. 1689, is in 1708 getroud met Hermanus van Brakel, seun v. d. stamvader. Sy is die ,,nonje Geertruy van wie Adam Tas in sy dagboek meermale melding maak. Na haar man se dood omstreeks 1728 het sy die plaas Brakelsdal oorgemaak aan haar seun Adriaan (no. 39), en in Dorpstraat kom woon in die huis tans bewoon deur mev. Bob Loubser. Sy is oorlede 25 Jan., en in die kerk begrawe 27 Januarie 1765 (DR).

 

57. Daniel van der Lit, Juffr. van der Lit de oude, de vrouw van Daniel van der Lit, en een kint. Gekoop 1730 deur Antoinetta van der Lith teen 100.

Anthonie van der Lith, die stamvader, was getroud met Antoinetta Schragen, en hul seun Daniel is in 1736 getroud met Johanna de Jong. Anthonie het op die plaas Koelenhof geboer vanaf die jaar 1704, en sy seun het dit in 1734 uit die boedel oorgeneem; na sy dood, in 1754, het Martin Melck dit gekoop. Juffrou van der Lith de oude (die wed. Anthonie v. d. Lith) is oorlede in 1744 (KB), en Johanna de J. in 1752.

 

59. Hester van der Heyden, een kint van Jan Louw Pieterz.

Vir Hester v. d. Heyden, sien no. 53.

Jan Louw Pietersz, geb. 1694, boer van Aant Pad, tans Cloetesdal, naby die dorp Stellenbosch, is in 1725 getroud met Margaretha Gildenhuysen, n niggie van Hester v. d. Heyden. (Hester se moeder en Marg. se vader was broer en suster, vgl. no. 95.) Jan Louw is oorlede 18 Maart, en in die kerk begrawe 21 Maart 1770 (DR)

 

65. Een kindt van Adriaan van Brakel. Sien no. 39.

 

71. D vrou van Olof de Wet. Sien no. 50. Was dit Maria Zegers, of n tweede vrou?

 

72. Maria van den Heuvel. Sien no. 50. Was dit die wed. Van den Heuvel, of haar dogter?

 

76. Anna Sophia de Vos. Gekoop in 1750 deur Arnoldus Maasdorp.

Arnoldus Maasdorp, geb. c. 1711, seun v. d. stamvader, eienaar van n deel van Vergelegen, Hott.-Holland, is getroud (i) 1734 met Anna Sophia van Brakel, dogter van Hermanus van Brakel (no. 56), en (ii) 1749 met sy eerste vrou se niggie en naamgenoot Anna Sophia de Vos, gebore 1720, dogter van Wouter de Vos en Maria Sophia van der Bijl (sien no. 51); en ten slotte (iii) 1752 met Elsabe le Fbre, dogter van Gysbert le Fbre. Sy tweede vrou is in hierdie graf begrawe, sy eerste vrou, met drie kinders, in graf no. 97.

 

80. Jacobus Leroes.

Jacobus le Roux, geb. 1709, was n seun v. d. stamvader Jean le Roux van Normandi, eienaar van Welgevallen, Stellenbosch, 1723 - 1752.

 

86. Juffrouw Malaan en Juffrou Malaan de oude. Daniel Malan (DR). Gekoop deur Daniel Malan, 1750.

Daniel Malan (1703 - 1770), boer van Morgenster, was n seun van die stamvader Jacques Malan (no. 8). Daniel is getroud (i) 1724 met Marie Verdeau, wed. Pierre Jourdan van die plaas Cabrire, en (ii) 1750 met Emmerentia Steyn, wed. Schephausen (vgl. no. 39), dogter van Jacobus Steyn. Die ,,Juffr. Malaan de oude kan nie Daniel se moeder Elis. le Long gewees het nie, want sy is met haar man in graf no. 8 begrawe. Dan was dit ongetwyfeld sy eerste vrou, Marie Verdeau; en

die ander ,,Juffr. Malaan was dan sy tweede vrou, oorlede 1758 (KB). Daniel Malan is oorlede 25 Januarie, in die kerk begrawe 28 Januarie 1770 (DR).

 

87. Jan Cloete.

Jan Cloete, geb. 1687, kleinseun v. d. stamvader en neef van Jacob (no. 2), is getroud (i) c. 1714 met Johanna Olivier, (ii) met Petronella van der Merwe, suster van Sophia (no. 1); en (iii) 1719 met Geertruy Pretorius, wed. Johannes Wessels. Jan Cloete was eienaar v. d. plaas Idas Vallei; Johannes Wessels was eienaar v. d. plase Vredenburg en Vlottenburg, en toe Jan met sy weduwee trou, het hy daar gaan boer. Jan C. is in of voor 1742 oorlede; sy dogter Petronella C. was die eerste vrou van die chirurgyn Jan Cats, vgl. nos. 32 en 94.

 

88. Hans Jacob Conterman.

Hy was die ,,Hans de Smit van wie Tas so dikwels melding maak (vgl. Hoofstuk I); hy het eers gewoon in Ryneveldstraat, later in Dorpstraat, waar die nuwe Mankadan-woonstelle nou staan. Hy is oorlede 1734 (KB). Sy eerste vrou (1700) was Anna Catharina Cleef, dogter van Nicolaas Cleef van Groote Salze; sy tweede vrou (1720) was Martha Beyers, wed. J. Harting, vgl. no. 91.

 

89. Hendrik Pretorius, Barend Botman (Vlotman?)

Hendrik Pretorius, geb. 1701, kleinseun v. d. stamvader en broer van Jan Cloete se derde vrou (vgl. no. 87), het geboer op die plaas Rustenburg, Moddergat, tans Stellenrust. Hy is baie jonk oorlede in 1733 (KB), skynbaar ongetroud.

Barend Botman of Botma is vir ons totaal onbekend. Maar die vraag kan gestel word of die koster nie in sy haastigheid n f vir n b aangesien het (in kursief kan dit maklik gebeur), en Botman gelees het i.p.v. flotman (vlotman) nie. Immers, Barend Vlotman was n baie bekende figuur, die boer van Geduld (tussen Meerlust en Zandvliet), seun van Antonie Vlotman van die plaas Vlottenburg; oorlede 1734 (KB)

 

91. Juffrouw Brink, Juffrouw Conterman de oude, een kint van Adriaan van Brakel.

Andries Brink, die stamvader, is getroud (i) 1738 met Sophia Grov, dogter v. d. stamvader Andries Grove

van die plaas Uitkyk, Klapmuts, en (ii) 1749 met Alida de Waal. Andries Brink het ook op Uitkyk geboer. Hierdie Juffr. Brink is waarskynlik die eerste vrou, Sophia Grov.

Juffr. Conterman de oude is die tweede vrou van Hans Conterman (sien no. 88), want sy eerste vrou is oorlede voordat grafte in die kerk verkoop kon word (1720), en sy seun Johannes is eers in 1743 getroud. Dan was dit Martha Beyers, geb. 1683, wat hier gel het.

Vir Adriaan van B., sien no. 39.

 

93. Vyf kinders van Nicolaas Vlok. Gekoop teen 100 deur Nicolaas Vlok in 1744.

Nicolaas Vlok, geb. 1720, seun v. d. stamvader, is in 1739 getroud met Catharina Maasdorp, suster van Arnoldus M., no. 76. In dieselfde jaar het hy eienaar geword van Aant Pad (Cloetesdal), en van 1763 tot 75 was hy eienaar van n deel van Vergelegen. Hy was lank op die kerkraad. Na alle waarskynlikheid is hy en sy vrou ook in hierdie graf begrawe.

 

94. Vrouw van Jan Cats, Juffr. Cats, een kint van Jan Cats. Deur Jan Cats in 1745 gekoop vir 80.

Die stamvader Jan Cats, chirurgyn, is getroud (i) 1738 met Petronella Cloete, dogter van Jan Cloete, no. 87, en (ii) 1746 met Catharina Groenewald, die wed. van ds. Wilhelm van Gendt. Cats was so ongeveer die dorps- en distriksdokter van Stellenbosch, en het van 1737 tot 1756 n erf in Dorpstraat bewoon.

 

95. Margriet Gildenhuysen, een kint van Jan Lou Pietersz. In 1735 deur Jan Louw gekoop vir 150.

Margriet G. was die vrou van Jan Louw. Sien no. 59.

 

96. Philip Morkel, Willem Morkel. In 1734 deur Philip Morkel gekoop teen 100.

Philip Morkel was die stamvader v. d. familie, en het vanaf 1718 geboer op Onverwacht, Hott.-Holland. Hy is getroud (i) 1708 met Maria Biebow, en (ii) 1713 met Catharina Pasman. Philip M. is oorlede in 1735 (KB); Catharina het hom met dertig jaar oorleef, en is in 1764 begrawe in graf no. 1.

Vir Willem M., geb. 1718, seun van Philip, sien no. 4. Hy het na die dood van sy bejaarde weduwee-moeder in 1764 die plaas oorgeneem; sy seun Daniel Johannes Morkel het na hom ook daar geboer.

 

97. Anna Sophia van Brakel; drie kinders van Arnoldus Maasdorp. Deur Arnoldus Maasdorp in 1747 gekoop teen 150.

Hierdie Anna van Brakel was Maasdorp se vrou, vgl. no. 76. Waarskynlik het hy hierdie graf by haar dood gekoop, want in 1749 is hy weer getroud.

 

98. Jan Leroes de Oude, Diena Leroes, Juffr. Brant.

Daar was drie stamvaders van die Le Roux-familie in Suid-Afrika: die twee broers Jean en Gabriel le Roux van Blois, en nog n Jean, van Normandie. Laasgenoemde is die ,,Jan Leroes de Oude wat hier begrawe l: n bekende inwoner van Stellenbosch, wie se naam dikwels voorkom in die dokumente van daardie tyd. Diena (1702) was sy dogter, en Jacobus (no. 80) sy seun.

Juffrou Brand was waarskynlik Anna van der Bijl, die wed. van Burgert Brand, sien no. 56.